Is daar enige gratis bronne vir loopbaanvoorligting?

GoStudy bied gratis toegang tot:

  • 'n Loopbaanvoorkeur vraelys (tans net beskikbaar in Engels);
  • Oorsigtelike data oor 'n wye reeks beroepe wat verband hou met die data vanaf jou loopbaanvoorkeur vraelys;
  • Oorsigtelike inligting aangaande verskeie programme beskikbaar by instansies;
  • Inligting oor beurse wat beskikbaar is;
  • Hulp met onderhoudsvoorbereiding.

GoStudy bied gestruktureerde loopbaaninligting wat spesifiek gefokus is op Suid-Afrikaanse leerders en studente.
Besoek gerus die GoStudy webtuiste tydens jou soeke na addisionele loopbaanverwante inligting.

Gebruik van die GoStudy platform is nie gelykstaande aan loopbaanvoorligting vanaf EQuipping You nie, en dus kan EQuipping You nie aanspreeklikheid aanvaar vir die akkuraatheid van die uitkoms van die loopbaanvoorkeur vraelys nie. Kontak EQuipping You om ‘n afspraak te skeduleer vir die aflegging van meer gedetaileerde loopbaanvoorligting.