Installasie van Google Chrome en die skep van 'n Gmail adres

Hoekom maak EQuipping You van Google Chrome gebruik?

Na afloop van verskeie toetse, het ons gevind dat Google Chrome ‘n stabiele platform is wat goed integreer met die meeste van die toets-webtuistes. Ons stel dus voor dat jy van Google Chrome gebruik maak sodat jy ‘n ongehinderde en gemaklike toetservaring kan geniet.

Waar kan ek Google Chrome aflaai?

Maak gebruik van hierdie skakel, en selekteer die Download opsie om Google Chrome te bekom. Die webtuiste behoort outomaties die korrekte weergawe van Google Chrome te selekteer en sal dit vervolgens aflaai.

chrome logo

Indien jy gebruik maak van ‘n Gmail adres, kan jy Google Chrome stel om jou wagwoord te stoor, sodat jy makliker toegang tot jou e-posse kan kry.

Addisionele funksie

Indien jy gebruik maak van ‘n Gmail adres, kan jy Google Chrome stel om jou wagwoord te stoor, sodat jy makliker toegang tot jou e-posse kan kry. (Vermy hierdie opsie indien jy van ‘n gemeenskaplike rekenaar gebruik maak.) Raadpleeg die Sign in and turn on sync (Computer) afdeling van die artikel vir hulp met hierdie prosedure.

Skep 'n Gmail adres

Indien jy nog nie ‘n persoonlike e-pos adres het nie, maak gerus gebruik van hierdie skakel om ‘n gratis Gmail adres te skep.

gmail logo