Wat is Zoom en hoe kan ek dit gebruik?

Wat is Zoom?

Zoom is ‘n beveiligde aanlyn video-oproep diens wat gebruikers in staat stel om aanlyn te vergader en data te deel. Gebruikers word geleentheid gebied om video-, klank- en skerminhoud te deel soos hulle verlang.

Waarom maak EQuipping You gebruik van Zoom?

Internasionale beste-praktyk standaarde stel voor dat enige intellektuele assessering in persoon behartig word. Zoom bied egter aan gebruikers die geleentheid om assesserings oor die internet af te lê danksy virtuele toesig.

Hoe kan ek Zoom kry?

Zoom Client for Meetings kan afgelaai word vanaf hierdie skakel.
Nadat jy Zoom afgelaai en geïnstalleer het, kan jy die Zoom video toets uitvoer om vas te stel of jou rekenaar se klank en mikrofoon korrek funksioneer.

Hoe Zoom ek?

Jy click bloot op die skakel wat deur EQuipping You gestuur word. Vervolgens sal die Zoom program op jou rekenaar oopmaak en jou die geleentheid bied om by die vergadering aan te sluit.

Indien jy nog nie van tevore Zoom gebruik het nie, lees asseblief deur hierdie kort Zoom Etiquette artikel.

zoom logo

Jy hoef nie ‘n Zoom rekening te skep om by ‘n vergadering aan te sluit nie, maar jy is welkom om dit steeds te doen. Jy benodig slegs ‘n rekening indien jy jou eie Zoom vergadering wil skep.

Kyk gerus na hierdie video vir vir 'n kort oorsig:

Vir meer inligting oor Zoom vergaderings, kyk gerus na hierdie kort video:

Vir meer inligting oor die deel van jou skerm, kyk gerus na hierdie video: