Hoekom maak EQuipping You van Google Chrome gebruik?
Na afloop van verskeie toetse, het ons gevind dat Google Chrome ‘n stabiele platform is wat goed integreer met die meeste van die toets-webtuistes. Ons stel dus voor dat jy van Google Chrome gebruik maak sodat jy ‘n ongehinderde en gemaklike toetservaring kan geniet.
Waar kan ek Google Chrome aflaai?
Maak gebruik van hierdie skakel, en selekteer die Download opsie om Google Chrome te bekom. Die webtuiste behoort outomaties die korrekte weergawe van Google Chrome te selekteer en sal dit vervolgens aflaai.